deur ALANI JANEKE
4 Oktober 2012

861 keer gelees | 0 kommentaar

Die wynbedryf se etiese seël sal binnekort op ’n dosyn van Durvanville Hills se wyne te sien wees


Die volledige geskiedenis van ’n dosyn van Durbanville Hills se wyne sal binnekort op die internet opgespoor kan word. Dít volg nadat die Suid-Afrikaanse wynbedryf se etiese seël aan 12 van dié wynmakery se wyne toegeken is.

Luidens ’n verklaring is dit die meeste wyne by een wynlandgoed wat die seël ontvang het. Dit kan gesien word op wyn wat aan ’n streng oudit onderwerp is om te bepaal dat tydens die maak daarvan, die kode vir billike arbeidspraktyke toegepas is. Die kode word deur die Vereniging vir Etiese Handel in die Wyn- en Landboubedryf (WIETA) bepaal.

’n Unieke nommer word op elke seël aangebring, wat die verbruiker in staat stel om die geskiedenis van die wyn op die internet na te gaan.

Klein netwerk
Me. Deidré Samson, die landgoed se internasionale bemarkingsbestuurder, sê so baie van hul wyne het die seël ontvang, omdat hulle ’n klein netwerk van lede het wat as ’n hegte groep saamwerk ­– “wat aan dieselfde progressiewe beginsels rakende indiensnemingspraktyke glo”.

Die seël se ontwerp is gebaseer op die land se volhoubaarheidseël wat ontwikkel is om bewustheid te skep rakende produksie-integriteit tydens elke stadium van die voorsieningsketting van die wingerd tot by die bottel. 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights