Landbou
Aartappelboere bevorder biodiversiteit
Deur JOHAN COETSEE (jcoetsee@landbou.com)

'n Handleiding, Biodiversiteit Beste-Praktykriglyne vir Aartappelproduksie in die Sandveld, is onlangs tydens 'n geselligheid by Kirstenbosch in Kaapstad bekend gestel. Die doel is om die streek se fynbos te bewaar, waterbronne te beskerm en die toekoms van die aartappelbedryf in die Sandveld te verseker.

Boere, kleinhandelaars en die bewaringsektor het saamgespan om riglyne vir die hele bedryf daar te stel wat sal verseker dat aartappels op 'n volhoubare manier geproduseer word en terselftertyd natuurlike hulpbronne bewaar.

Die Sandveld is deel van die groter-Cederbergbiodiversiteitskorridor (GCBK) en die tuiste van 'n aantal seldsame, bedreigde en inheemse plante, voë ls, reptiele, amfibieë en insekte. Die groeiende aartappelproduksie in die Sandveld bedreig die delikate biodiversiteit van die streek, en die handleiding gaan ingespan word om bewaringsplanne betyds in die Sandveld te implementeer.

30 Oktober 2007