Groter winste van hoër opbrengste van goeie
gehalte wat deur beter bestuursbesluite verkry
word, is moontlik met hierdie landboumaatskappy
se diens aan besproeiingsboere.
Ná 'n paar moeilike jare toon peilings dat katoen in
die komende seisoen sy status as een van die winsgewendste
verbouingsgewasse kan herwin.
Mielieboere kan hulle maar klaarmaak om die komende
seisoen meer as R2 000 van hulle wins per hektaar af te
staan aan stygende insetkoste, sê hierdie kenner.
Die mielie-vooruitsigte vir bestaansboere mik sterk opwaarts, luidens die jongste verslag van die Nasionale Oesskattingskomitee.
Dit is die moeite werd om sonneblomme te plant
mits dit reg bestuur word. Dit kan net so
winsgewend as mielies wees en het verskeie
ander voordele.
Noudat kanolapryse hoër
is en boere in die Wes-Kaap bewys dat opbrengste
omtrent verdubbel
kan word, word dié nuttige
wisselbougewas ook
'n winsgewende kontantgewas.
Swamsiektes by gars en
saadgedraagde en blaarsiektes
by koring en gars
kan graangehalte en
oesopbrengste lelik knou.
'n Onafhanklike sertifiseringskema
kontroleer die standaard in die moerbedryf.
Sodoende word aartappelmoere volgens
streng vereistes gesertifiseer.
Amerika se departement van landbou (USDA) voorspel dat wêreld-koringproduksie in 2008/'09 rekordvlakke kan haal - mits weerstoestande normaal is.
Weens die skommelinge in die weerstoestande moet
grondboonboere bedag wees op simptome van blaarsiektes.
Die Nasionale Oesskattingskomitee het pas sy jongste verslag bekend gestel, maar dit verskil nie veel van die vorige nie.
Die Suid-Kaapse garsbedryfskomitee het aanbeveel dat boere nie kontrakte teken om SAB Bpk. se prysaanbod vir moutgars te aanvaar nie.
Met wêreldkoringvoorrade op sy laagste vlak in meer as 30 jaar begin die internasionale fokus skuif na tradisionele groot koringproduserende lande, soos Australië.
'n Span Amerikaanse navorsers het die mielie se genoom ontrafel. Dit was tot onlangs as té kompleks vir kartering beskou.
Produsente kan vroeër stroop en natter mielies aan sommige van Senwes se silo's lewer.
Stygings in die pryse van insette en die effek daarvan op die produksiekoste van grane, soos koring en mielies, is ongelooflik, sê Graan SA.
Die Nasionale Lusernorganisasie van SA het pas die eerste internet-verhandelingskamer vir lusernhooi in Suid-Afrika bekend gestel.
Biologiese boerdery, bewaringsbewerking en nuwe kultivars is van die onderwerpe wat in die soeklig geplaas word op Skog en Overberg Agri se voorsaai-inligtingsdae.
Brasiliaanse ondernemings
meen daar staan niks in Suid-Afrika se pad
om genoeg bio-etanol uit suikerriet te vervaardig nie.
Boere wat kleingraan onder besproeiing verbou,
moet fyn let op blaarmynerskade en versigtig
wees met die chemiese bestryding daarvan. Geen
middel is teen dié insek geregistreer nie.
|
Hierdie week in LBW
- Daar's nog geld in wyn - Kans om landbou reg te ruk - Goedkoop op gras - Plaasmoorde: Agri SA soek Mbeki - Koste wurg sitrusboere - Plaaslek het boere gaande - Spesiaal vir Ma |