Nat steenkool hét 'n rol in die kragkrisis gespeel, maar Eskom se besluit om koste te bespaar, tesame met sy SEB-aankopebeleid, het 'n risiko geword.
Belangwekkende uitsprake in invloedryke kringe dui op 'n denkskuif wat oor die belangrikheid van die landbousektor in Suid-Afrika posvat.
Eskom verkoop krag teen 'n verlies aan industrieë en buurlande, terwyl Suid-Afrikaanse huishoudings vir bykans 95% van Eskom se bruto wins sorg!
Die winde van verandering in Amerika dreig om die aangesig van 'n platteland wat oor drie eeue uit familieboerderye gevorm is, onherroeplik te verander.
Lees in hierdie artikel meer oor die aard, hantering en gebruike van graansilosertifikate in die Suid-Afrikaanse graanmark.
Hoeveel moet boere lees in mnr. Jacob
Zuma, ANC-leier, se besoek aan Graan
Suid-Afrika se kongres en sy simpatieke
uitsprake oor die landbou?
Oral in Suid-Afrika is grondpaaie
wat feitlik onbegaanbaar is en
die landbou knel. Daar is egter 'n
oplossing.
Bedryfsorganisasies het sedert
2002 bykans R150 miljoen aan
die ontwikkeling en vestiging van
opkomende boere bestee.
Boere se samewerking word gevra om inligting oor
grondwaterbronne in SA in te samel. Die
inligting is noodsaaklik om dié bron te beskerm en
die volhoubaarheid daarvan te verseker.
Son- en windkrag kan huishoudings van krag
voorsien, maar dan moet die stelsel reg ontwerp
wees. Die aanvanklike koste is hoog, maar dit kan
binne vyf jaar tot tien jaar afbetaal word.
Gebrekkige leierskap en visie is die hoofrede vir
die huidige 'Eskom-kaskenades', en mense met
visie is nou nodig om die krisis te bestuur, meen
dié sakeleier.
Nie almal glo meer mielie-etanol is die towerstaf
wat Amerika van die buitelandse oliebaronne gaan
red nie. Lê biobrandstof se toekoms in sellulose?
In 'n poging om uit een mond te praat, is netelige kwessies in die landbou gister tussen die Minister van Landbou en Grondsake, Agri SA, Nafu, die TLU SA, die LBK en ander rolspelers deurtrap.
Suid-Afrika stuur op 'n ernstige brandstof- en voedselkrisis af indien die Regering nie dringende stappe doen om dit af te weer nie.
'n Navorsingsverslag wat pas vrygestel is, weerlê die gewilde beskuldiging dat die georganiseerde landbou traag is om by die opheffing van voorheen benadeelde gemeenskappe betrokke te raak.
Selfs die indrukwekkendste son- en windkragstelsel
kan gebreke hê. Maar as 'n mens nie
noukeurig aantekeninge hou nie, sal jy dit nooit
betyds agterkom nie.
Mense in landelike gebiede en boere "in die
middel van nêrens" kan nou met die klik van
'n muis blitsvinnig sien wat in die res van die
wêreld aangaan.
Die moderne boer moet die vermoë hê om in
die kristalbal te kyk om te sien wat die toekoms
inhou sodat hy hom betyds op veranderings kan
voorberei, meen 2007 se Boer van die Jaar.
Voldoende infrastruktuur wat doeltreffend bestuur word, kan
voedselpryse verlaag en elke skakel in die voedselwaardeketting
geld bespaar.
Met Eskom se duisternis wat op
die land toesak, vestig talle mense
hul hoop nou op sonkrag. Maar,
sê 'n kenner, daar
moet gewaak word teen té hoë
verwagtinge.
|
Hierdie week in LBW
- Kenners praat oor wintergraan - Grond-oordrag kan werk - Plan stuit ekologiese ramp - Boer presies: Maak geld - Driehoekkruising werk - Manuel bieg oor landbou-foute - Kos: Braaiboud |