Die doelwit van meganisasiebestuur is dat dit op 'n koste-effektiewe manier tot totale bestuur moet bydra. 'n Begrip van die verskillende koste-komponente en die toepassing van behoorlike ekonomiese beginsels op die meganisasiestelsel sal positief tot die wins van 'n boerdery bydra.
Besit van masjinerie behels kapitaal en kapitaal moet 'n rentabiliteit realiseer. Dit kan slegs rentabiliteit realiseer as dit benut word maar die gebruik van 'n masjien bring weer koste mee. Die fyn balanseertoertjie van meganisasiebestuur is dus: investeer die korrekte hoeveelheid kapitaal om die boerdery-aktiwiteite op die mees effektiewe manier teen die laagste koste te kan afhandel. Dit klink eenvoudig maar dit beteken dat die boer:
Die nakoming van bogenoemde reëls sal daartoe lei dat masjinerie die meeste waarde tot die boerdery se wins voeg.
Die toevoeging van wins beteken dat die bestuur van landbou-masjinerie op 'n ekonomiese grondslag benader moet word. As dit nie so is nie, het die boer ook nie 'n ekonomiese benadering tot sy boerdery as 'n geheel nie en sal sy boerdery dus nie enige finansiële uitdagings kan oorleef nie.
Die oorhoofse doelwit van boerdery-bestuur is om vir maksimum volhoubare wins te beplan. Meganisasiebestuur is deel van oorhoofse bestuur en daarom behoort die oogmerk daarvan ook maksimum volhoubare wins te wees. Dit moet dus deel wees van vooruitskouende besluite oor belangrike aspekte soos hoeveel van 'n produk geproduseer moet word en hoe elke vertakking op die plaas inmekaar moet steek om 'n effektiewe besigheid as geheel te vorm.
Winsgewendheid word deur 'n kombinasie van faktore beïnvloed. Al die faktore moet as belangrik geag word omdat sommige faktore nie noodwendig altyd 'n kontantbydrae tot wins lewer nie. Indien sulke indirekte faktore misgekyk word, kan dit 'n negatiewe effek op wins hê. Dit is beslis die geval met masjinerie omdat daar verskeie koste-komponente by betrokke is waarvan die meeste se impak op wins indirek is. Meganisasiebestuur verdien dus spesiale aandag binne die oorhoofse bestuursproses.
Die toename in meganisasie het tot 'n groter investering in masjinerie op plase gelei. Daarmee saam het die operasionele koste met die gebruik van hierdie masjinerie ook toegeneem. Die gepaardgaande verhoging in meganisasiekoste kan deur middel van vier algemene metodes beheer word:
16 Junie 2007