Die monitering van 'n boerdery is nie net 'n oefening wat aan die einde van 'n finansiële jaar gedoen moet word nie. Die boer moet gereeld akkurate en tydige inligting kry.
Suksesvolle erfopvolging kan net met beplanning plaasvind en indien al die betrokkenes gemotiveerd is om die plan uit te voer. 'n Kundige vertel hoe.
Die deurslaggewendste beginsel van volhoubare bestuur is om die boerdery in verhouding tot sy doel en beginsels te bestuur en om foute vinnig reg te stel.
'n Ordelike administratiewe stelsel bevorder gewoonlik doeltreffende besluitneming en verhoog produktiwiteit.
Die verskil tussen sukses en mislukking kan dus op die einde aan risikobestuur toegeskryf word, maar hoe bestuur 'n boer dit? Toets jou vermoë aan die einde van die artikel.
Meganisasiebestuur behels 'n fyn balanseertoertjie: Investeer die korrekte bedrag geld om die boerdery-aktiwiteite doeltreffend en teen die laagste koste af te handel.
Die doel van aankoopbestuur is om te verseker dat daar altyd genoeg voorraad beskikbaar is, maar is dié taak regtig so eenvoudig?
Die meeste boere verrig self die taak van personeelbestuur weens koste-oorwegings, en derhalwe word dié afdeling soms afgeskeep, sê 'n kenner.
Tot sowat 'n dekade gelede is die meeste landbouprodukte deur iemand anders namens die boer bemark: Nou werk dit heel anders.
In besigheidsterme word produksiebestuur beskryf as die middelfase in die drieledige basis van enige onderneming, naamlik finansieel, produksie en bemarking.
Die bestuur van 'n boerdery se finansies begin met die opstel van 'n kontantvloeibegroting.
'n Bekende landbou-ekonoom skryf 'n reeks artikels oor bestuurspraktyke in boerdery. Ná die lees van elk van dié 12 artikels kan 'n mens jou bestuursvermoë toets én jy kan die uitslag sien.
|
Hierdie week in LBW
- Kenners praat oor wintergraan - Grond-oordrag kan werk - Plan stuit ekologiese ramp - Boer presies: Maak geld - Driehoekkruising werk - Manuel bieg oor landbou-foute - Kos: Braaiboud |