Boshoff Beyers skryf uit Berlyn omdat hy begaan is oor die beeld van die landbou in Suid-Afrika. Hy wil graag meer debat daaroor sien, sê hy. Hieronder volg sy skrywe:
Ek wil my self nou nie slim hou nie maar ek het die verwikkelinge oor die laaste paar jaar gemonitor in SA.
Een beskuldiging na die ander: Eers die Regering, dan die boere oor en weer die hele tyd.
Die boere moet nou begin bemark.
Nou wat moet ons bemark?
Kom ek vertel julle nou 'n staaltjie: ek wil die Duitsers vandag hier as 'n voorbeeld gebruik van hoe mens bemark.
Ná die Eerste Wêreldoorlog het dit begin, maar het eers na die Tweede Wêreldoorlog regtig in werking gekom.
Wat is "Made in Germany"?
Antwoord: Dit is 'n Trade Mark, 'n handelsmerk.
Hoe het dit ontstaan?
Duitsland het nie altyd goeie produkte geproduseer nie - hy het, soos China, op massa geproduseer. Dit het hom in die twee oorloë baie gehelp om so lank in die oorlog te bly.
Maar ná die val van Hitler het die hele wêreld 'n "vloek" op Duitse produkte uitgespreek. Hulle moes hulle produkte identifiseer met 'n merk sodat mense dié produkte kan uitken.
"Made in Germany" was dié merk.
Nou wat nou?
Hierdie gedissiplineerde volk het toe besluit dat hulle weer sal opstaan.
Hoe het hulle dit gedoen?
Hulle het al die ervaring, sleg en goed, gekombineer en 'n standaard gestel oor hoe hulle die land se reputasie gaan herstel. Omdat die hele infrastruktuur platgeskiet was en geen mens in die land wou investeer nie, moes hulle met die min infrastruktuur wat hulle nog oor het, die land weer opbou.
Wat het hulle besluit?
Omdat hulle bewus was dat ander lande nie die "Made in Germany" gaan koop nie, moet hulle die min kliënte wat hulle nog het of gaan kry, met kwaliteitprodukte omkoop om hulle produkte verkoop te kry.
So het die handelsmarek "Made in Germany" vandag nog sy reputasie as 'n goeie produk, al was dit eers 'n vloek.
Nou wat moet julle nou bemark?
Antwoord: die handelsmerk: "Boer".
Julle staan nou waar die Duitsers was 1945. Nou is die tyd om julle han delsmerk te bemark.
Hoe?
Positiewe projekte: Behuising, ekonomiese ontwikkeling, Werkverskaffing, Grondhervormingsprojekte, landelike ontwikkeling, die noodsaaklikheid van voedselsekerheid.
Boere, wat ek wil sê, is soos die Duitsers dit bewys het is dat die goeie die slegte sal oorwin. (Duitsland is nou al jare die land met die grootste uitvoer-omset - groter as dié van China. Duitsland was laas jaar weer die uitvoerkampioen.)
In hierdie stadium glo 95% van ons land (Suid-Afrika) dat die handelsmerk "Boer" staan vir alles wat sleg is! Wanneer begin julle nou bemark sodat die handelsmerk "Boer" positief word?
Maak boerdery positief, dit sal die toekoms van die industrie verseker en vir almal op plase 'n veilige arbeidsomgewing skep.
Onthou as ek R1 het en ewe skielik het ek R2 was daar 'n 100% ekonomiese groei. Het ek vandag geen waterkraan, maar kry een, was daar n 100% sosiale groei. Dit beteken dat as elkeen bietjie bydra sal daar vinnig .n groei wees in dié industrie.
Meer inligting hieroor sal binnekort op die webwerf www.boer-image.com beskikbaar wees.
4 April 20007