Maarten Kruger vra in reaksie op die artikel, Regering aangevat oor grondtaks 'hoekom die regering nou aanvat?'
Van dag een af was dit vir enige persoon met meer as 2 breinselle duidelik dat die belasting net probleme gaan skep.
Hoeveel munispaliteite is nou al deur plaaslike landbou organisasies hof toe gevat oor probleme met die belasting.
Soos die wet nou staan, kan mens net vra ? hoeveel munispaliteite gaan nog by die hof moet aanklop ? En dit kos natuurlik niks?
Nee ek is jammer. Die probleem le by die mense wat dit goedgekeur het.
As die mense regtig 'n begrip gehad het van wat in die landbou aan die gang is en vir die boere omgegee het, moes hulle van dag een af aangedui het dat hulle dit nie in die huidige formaat sal steun nie.
Vir solank die "grondtaks" op munisipale vlak vasgestel gaan word, gaan die munispaliteite dit gebruik om eerstens wraak te neem teen die boere?.en tweedens om hulle balansstate te balanseer?
En enigiemand wat dit nie insien nie?.wel?.kom ons kyk maar hoeveel berigte van landbou organisasies wat(kosteloos) hof toe moet hardloop vir hulp, lees ons van in die toekoms in hierdie tydskrif.
Die wetgewing, soos hy nou is, is heeltemal aanvaarbaar in 'n normale land onder normale omstandighede.
Maar vir nou sal die "grondtaks" deur die sentrale regering en landbou organisasies vasgestel moet word.
Dit is die enigste manier hoe uitbuiting verhoed kan word.
En ja?daar is miskien munisipaliteite wat tans nie probleme het nie?.maar wat gebeur as die huidige raad in die toekoms deur meer radikale lede vervang word?
3 Desember 2007