Landbou

Gerdie Landman se vorige misstrooi-oefening.
Soortgelyk
Benut kraalmis, sê Hollander


'n Hollandse boer meen dit is onverstaanbaar dat sommige Suid-Afrikaanse boere koeimis verkoop en kunsmis terugkoop vir bemesting.

Gerdie Landman skryf op Landbou.com se gespreksforum:
Sedert begin November is dit die tweede keer dat ons weg is van die plaas en dus sit ek nou in Mosselbaai oor die see en uitkyk. Het 52 dragtige Holstein verse kom koop - en moes R9 000 + BTW stuk betaal + R250 per kop vervoer. En dan is die verse slegs 4 tot 5 maande dragtig. Holstein-verse is egter so skaars dat mens elke geleentheid moet gryp, anders kry jy nie weer nie!

My vraag aan diegene wat kan help om 'n model te bou. Enige slim mense wat kans sien om die berekening te doen asseblief.
1. Met kunsmis soveel duurder... moet mens steeds mielies met opvolggewas, hawer onder besproeiing plant = gesamentlik sowat 30 ton DM per hektaar per jaar, met direkte produksiekoste sowat R600 per ton DM... of...
2. Moet mens meer lusern plant... met produksie van sowat 15 ton DM per hektaar teen produksiekoste van R500 per ton? Die balans van die ander 15 ton moet dan aangekoop word... waarskynlik mieliekuilvoer teen R1 000 per ton DM?
3. Om groot volumes kraalmis lande toe te ry gaan 'n kapitaal uitleg van R400 000 verg vir die regte misstrooier - ingevoerde Bergmann-sleepwa. Dan moet die kraalmis nog losgemaak en gelaai word ook.
4. Watter ander metode van misverwydering na die lande is realisties haalbaar?

Help asb. dink... ek heg foto aan (regs bo) van ons vorige misstrooi-oefening. Dit het goed gewerk maar ons kon nie maklik minder as 200 ton per hektaar neersit nie... en dis darem onnodig baie op een slag op dieselfde land! Die groei reaksie van die twee gewasse daarna was wonderlik... ons moes die mis inploeg. Dit het slegs hier en daar tot swak ontkieming gely, maar die produksie was baie goed!

  • Geskryf deur Gerdie Landman (gerdie@intekom.co.za)

    Kees Vlot skryf uit Nederland:
    Dis goed om weer van jou te hoor. (Kees het as student 'n deel van sy praktiese werk op Gerdie se plaas gedoen. - Webred.)

    1) Die pryse vir dragtige verse in Holland is nou so R15.000 / stuk. Dis nie net in SA waar verse skaars is. (Die meeste lande wil nie Hollandse verse he nie, oor die Bloutong, dus die pryse kon nog baie hoër geweest het).
    2) Die Koeimis. Dis die ding waar ek my in Suid-Afrika altyd baie oor verbaas het, dat julle die mis so min gebruik, en altyd maar net die duur kunsmis gebruik. In die Krugersdorp-omgewing het die melkboere die mis verkoop aan die groenteboere, en kunsmis terug gekoop. Maar ander boere het dit maar op 'n berg gegooi, en niks daarmee gedoen. Ek glo daar was n kontrakwerker wat so'n misstrooier het. Johannes van die forum weet miskien?, hy woon in Tarlton.
    3) Nou moet jy my tgh vertel hoe jou "machine" werk. Is dit 'n padskraper??
    4) Hoeveel Ton mis beplan jy per ha.? (hoeveel het jy?)
    5) As jy werklik 200 ton mis op 'n hectare gooi, kan ek glo die mais (mielies) sal 5 meter hoog wees
    6) In Holland het ons maar min vaste mis (dis almal liquid). Daar is net strooi mis, van klein strooihokke, en die kalwers. Voorbeeld van strooiers hier:
    Die groot misstrooiers waarvan jy ook praat, is meer in Frankrijk/Duitsland, waar hulle die koeie meer op strooi het.
    7) Is daar in die binneland nie 'n kontrakwerker wat so'n groot misstrooier het? As jy met 'n buurman kan beplan dat hy ook die kontrakwerker gaan inskakel, sal die vervoer nie te duur wees nie. (indien nie, gaan laai op ook sy koeimis, en gooi dit OOK oor jou land).
    8) Ek google net 'n bietjie: Kyk hier. Hierdie is in Suid-Afrika gemaak. Die machine lyk vir my 'n bietjie lig gebou, maar miskien met julle baie droë en goeie mis werk dit juis baie goed.
    9) Die boere in Holland wat baie vaste droë mis het soos jy, ry die mis met groot trokke/karre naar die land, en laai dit daar op die misstrooier. Dit is baie makliker, en hoef jou misstrooier nie so baie groot te wees.
    10) Ek dink hierdie Falcon-karretjie sal so sleg nog nie wees nie. Mits jy hom kan volgooi op die land, waar jy die mis met 'n groot trok/trekker het gebring. Ek sou wel 'n paar breër bande omgooi. Hier die sal jou grond wel baie verdig.

    Groetnis vanuit 'n baie Nat Holland.

    Kees Vlot (keesvlot@gmail.com)

    28 Januarie 2008