Landbou
'Mielies duurder, maar vleisprys daal'
Deur MAARTEN KRUGER

Ek het eers opgewonde geraak toe ek die artikel lees Cosatu kry boere in visier wat in opstand is oor duur voedsel en die organisasie se standpunt dat boere óók 'n hand in duur kos kan hê.

Maar toe ek nou kalmeer en rustig daaroor dink, besef ek dat dié mense is miskien nie so ver verkeerd nie.

Kom ek verduidelik hoekom ek so dink:
So ongeveer 24 maande terug, toe die mielieprys so bietjie val, het die speenkalfprys by die R15/kg gedraai. Toe die mielieprys begin versterk, het die speenkalfprys begin val tot na waar hy nou is.

As 'n mens mos nou die "vryemark"-beginsel wil toepas, sou 'n mens mos dink dat as die mielieprys nou opgaan, die prys van vleis ook moet opgaan.

En die teenoorgestelde is ook waar. As die mielieprys verswak, die prys van vleis nie moet daal nie.

So, as 'n mens nou kyk na wat met die vleisprys aan die gang is, kan mens mos nie anders as om te dink dat iemand besluit wat die prys van vleis moet wees en dan met die komponente daarbinne rondspeel om by daardie prys uit te kom nie?

Inteendeel, Cosatu behoort dié mense te bedank.

As 'n mens na die mielieprys kyk, behoort die prys van vleis baie duurder te gewees het. Maar die inmenging van sekere mense in die vleisbedryf verseker dat die vleisprys "bekostigbaar" bly vir die man daarbuite.

  • Geskryf deur Maarten Kruger (maarten@vodamail.co.za).

    17 April 2008