Die grootmaak van vervangingsverse in 'n melkkudde is 'n finansiële belegging. Die totale aantal verse en aantal eerste kalf verse per jaar sal die winsgewendheid van die kudde direk en indirek beïnvloed.
Daar bestaan 'n kritiese balans tussen die aankoms (geboorte of aankoop) en vertrek (voortydige uitskot, vrektes of verkoop) van verse in 'n melkkudde.
Die aantal verse gebore in 'n kudde word bepaal deur:
Die aantal verse wat 'n kudde verlaat word bepaal deur die:
Die aantal eerste-kalf verse beskikbaar en aantal eerste kalf verse benodig is twee verskillende konsepte. Die volgende drie faktore beïnvloed die behoefte vir - maar nie die beskikbaarheid van eerste kalf verse:
In 'n geslote kudde (geen aangekoopte koeie of verse) word die maksimum aantal koeie wat uitgeskot kan word deur die aantal eerste-kalf verse bepaal, sou die kuddegrootte konstant bly. As die aantal eerste-kalfverse die uitskot persentasie oorskrei, mag oortollige verse gebruik word om die kudde uit te brei of te verkoop as teelmateriaal.
Kalwingstempo
Die aantal verse in 'n kudde word hoofsaaklik bepaal deur die kalwingstempo bepaal wat as volg bereken word:
Aantal koeie x (12/kalwingsinterval)
Hierdie faktor bepaal die verandering in verwagte aantal kalwers as die TKP verskil van 'n 12 maande TKP. Soos die TKP toeneem sal die aantal verse per jaar gebore afneem.
Hierdie stelling word duidelik geïllustreer in die volgende grafiek waar 'n toename in TKP van 12 tot 18 maande die aantal eerste kalf-verse beskikbaar in 'n 100-koei kudde verminder vanaf 43 na 29. Laasgenoemde waardes kan ook as persentasies gelees word as u dit wil ekstrapoleer na ander kuddegroottes.
![]()
|
Kalfmortaliteit en onwillekeurige uitskot
Bogenoemde aspek neem in ag die aantal verse wat gebore word maar wat "verdwyn" voor hulle kan kalf hetsy as gevolg van beserings of siektes. Pasgebore diere het 'n baie hoër risiko om siek te word of te vrek as byvoorbeeld ouer verse. Soos verse ouer word sal mortaliteite afneem.
Elke kalf wat vrek of onwillekeurig uitgeskot moet word is 'n verlore geleentheid, veral as kunsmatige inseminasie gebruik word om die genetiese potensiaal van die kudde te verbeter. Met verwysing na die aannames in onderstaande grafiek sien ons duidelik dat sou die persentasie mortaliteite toeneem van 0% tot 24% die aantal eerste kalf verse in 'n 100-koei kudde per jaar afneem vanaf 44 tot 34.
![]()
|
Ouderdom met eerste kalwing
Indien die ouderdom met eerste kalwing ouer as 24 maande ouderdom is, neem die koste om verse groot te maak toe en wel om die volgende redes:
Lang tussenkalwingsperiodes en hoë mortaliteitssyfers in die vervangingsverskudde soos geïllustreer in bostaande 2 grafieke verminder die totale aantal verse in die kudde, maar 'n verhoogde ouderdom met eerste kalf het die teenorgestelde effek. Sou 'n vers later as 24 maande kalf beteken dit dat sy langer in die vervangingskudde is. So byvoorbeeld sal 'n vers wat eers op 36 maande kalf, 'n addisionele 12 maande of 50% meer tyd neem voor sy die vervangingskudde verlaat. 'n Gevolg hiervan is dat die totale aantal verse in 'n 100-koei kudde mag varieer van 83 tot meer as 120, maar die aantal eerste kalf verse neem af van 42 tot 28. Laasgenoemde word in die volgende grafiek geïllustreer.
![]()
|
Soos met soveel ander aspekte in 'n kudde is die faktore en produktiwiteit van 'n vervangingsverskudde multifaktoriaal van aard. Bogenoemde inligting word egter as die heel basiese aspekte beskou as hierdie tipe probleem op 'n plaas ondersoek word.
11 April 2008