Verhoogde temperatuur in 'n melkkoei is 'n vroeë waarskuwingsteken dat een of ander siekte of siektetoestand aan die ontwikkel is.
Melkprodusente kan die Kaliforniese mastitistoets uitvoer, wat 'n aanduiding kan gee van die graad van mastitis in die verskillende kwarte.
In 'n nuwe bewaringsprojek stel twee bewaringsorganisasies Anatoliese
herdershonde op 'n permanente uitleenbasis aan veeboere in veral
Limpopo beskikbaar.
Afrika se beesrasse het die afgelope dekade ál
gewilder geraak, maar 'n geleentheid is egter
verpas deur die
voortydige ontwikkeling van die moderne
Afrikanerbees.
Boere het altyd hul kalwers net ná speentyd na
voerkrale weggeneem. Voerkrale het dan aansienlike
moeite gehad om die kalwers aan die
lewe te hou en vir die voerproses aan te pas.
Boere wat onlangs met vee begin boer het, sal
in vandag se mededingende wêreld moeilik kan oorleef sonder
'n goeie rekenaarprogram en databasis wat vir SA se
toestande ontwerp is.
Erdvarke en ystervarke is unieke soogdiere wat een ding gemeen het: Albei diersoorte word
gesien as "ekologiese ingenieurs".
'n Kenner bespreek moontlike
neigings wat die rooivleisbedryf in
die toekoms kan volg.
Perde van die Noriker-ras wat uit die voor-Romeinse tyd dateer en 'n tradisionele trekperd is, is onlangs vir die eerste keer na Suid-Afrika ingevoer.
Duur grond en die afhanklikheid van duur stikstofkunsmis vir weidings plaas 'n groot demper op melk-
produksie aan die kus.
Die Alabai is 'n Sentraal-
Asiatiese herdershond wat sy baas en dié se eiendom
sal oppas en tot die dood
toe verdedig.
Die grootmaak van vervangingsverse in 'n melkkudde is 'n finansiële belegging en dit sal die winsgewendheid van die kudde direk en indirek beïnvloed.
Arm Afrikalande meen die ontwikkelde lande boelie hul uit die vleisrevolusie wat nou plaasvind met die onredelike toepassing van standaarde.
'n Webwerf waarop 'n mens met die druk van 'n paar sleutels 'n
foto en die volle stamboom van stoetdiere
kan bestudeer, maak dit maklik om die regte
bulle uit te soek.
Wanneer 'n bedryf in 'n land met sowat 3% per jaar groei teenoor 1,8% in die res
van die wêreld, mag hy maar dink hy is kaas.
In Europa het
springbokvleis so gewild geword dat kwalik
in die vraag voorsien kan word.
Skaaplammers wat verlede lente
gebore is, moet nou gespeen word.
Speentyd is 'n moeilike tyd vir
lammers en vrektes kom dikwels
voor. Boere kan dit voorkom
deur dié wenke te volg.
Kan 'n goeie vleisbeesstoetery binne twee jaar opgebou word? Ja, maar dan moet die teler balans in sy teelbeleid handhaaf en die integriteit van die ras vooropstel.
Dit gaan taamlik goed met die melkbedryf in die Wes-
Kaap. Tog is daar dinge wat boere kwel, soos ongekende
prysstygings aan die produksiekant.
Die NWKV steun alle maatreëls wat daarop gemik is om boere teen onopgeleide mense te beskerm wat nie diere behoort te diagnoseer nie.
|
Hierdie week in LBW
- Kenners praat oor wintergraan - Grond-oordrag kan werk - Plan stuit ekologiese ramp - Boer presies: Maak geld - Driehoekkruising werk - Manuel bieg oor landbou-foute - Kos: Braaiboud |