Vraag:
Gee asb raad hoe ek my bulle moet voorberei vir die dekseisoen, veilings en skoue.
Antwoord:
Die verkoop van bulle vir teeldoeleindes is baie kompeterend. Gevolglik is dit belangrik dat bulle tydens 'n veiling goed vertoon. Verder word dit algemeen aanvaar dat die grootte of massa van die bul by 'n gegewe ouderdom die waarde van so 'n bul sal bepaal. Dit is dus algemene praktyk om stoetdiere tot 'n mindere of meerdere mate te voer tydens voorbereiding vir skoue, veilings en/of die dekseisoen. Die mate van voorbereiding word veral deur omgewingsfaktore (tipe veld, aangeplante weiding, nul beweiding, ens.) en ouderdom teenoor doelwit massa beïnvloed.
Om bulle suksesvol te voer, is dit belangrik om vroegtydig met 'n goedbeplande voerprogram te begin. Só 'n voerprogram is:
Indien daar te laat met 'n voerprogram begin word, kan die volgende probleme verwag word:
Beplanning
'n Goeie en suksesvolle voerprogram behoort soos volg beplan te word:
1. Bepaal die teikenmassa wat die bulle teen 'n sekere datum behoort te bereik.
2. Bepaal die huidige massa.
3. Bereken die verlangde GDT.
4. Bepaal die rantsoen benodig wat seisoen, kwantiteit en kwaliteit van die beskikbare ruvoer in ag neem.
5. Monitor voerinname, gewigstoename en die algemene gesondheid van die bul.
6. Maak aanpassings indien nodig.
Voerprogram
'n Voerprogram bestaan basies uit drie dele, nl.:
1. Voer bulle (jong) om behoorlik uit te groei - Groeifase.
2. Voer bulle om volwasse massa asook verlangde kondisie te bereik - Volwasse fase.
3. Berei bulle voor vir teelseisoen.
Voorbeeld
A. Groeifase (Speen tot sowat 24 maande)
Beginmassa: 240 kg (Kyk tabel hieronder)

Teikenmassa (sowat 24 maande): 650 kg
B. Volwassefase
Verwagte GDT sowat 200g
Winter: Veldweiding plus Voermol Produksielek of Voermol Super 18 teen 1,5 kg/dag.
Somer: Veldweiding plus Rumevite 6P of Voermol Fosfaatblok.
Dekseisoen
Veldweiding en/of hooi plus kragvoer (lees meer oor kragvoer hieronder) teen 1% tot 1,5% van liggaamsmassa. Begin ongeveer vier weke voor die dekseisoen. Verseker dat bulle in 'n goeie kondisie is aan die begin van die dekseisoen, maar waak teen oorvet bulle.
Kragvoer
Die volgende is verskeie mengsels wat gebruik kan word:
Duimreël: Voer teen 2% van liggaamsmassa vir groeiende diere en teen 1% tot 1,5% van liggaamsmassa vir volwasse diere.
Gee vrye toegang tot goeie weiding en/of hooi. (Kyk tabel hieronder)

Ander
1. Die kragvoer bevat 'n ionofoor, Monensin-Na. Anders as wat soms beweer word, het die ionofoor geen negatiewe uitwerking op bulvrugbaarheid nie.
2. Die kragvoer is goed gebalanseer en bevat die nodige minerale en spoorminerale. 'n Lek is dus nie nodig nie.
3. Die gebruik van hormoon-inplantate word nie aanbeveel nie.
16 Junie 2007