Landbou
Beeste en skape wei saam
Dr. JASPER COETZEE

Vraag:
Ek wil graag weet of beeste en skape met mekaar kompeteer in terme van voeding. As ek beeste en skape in dieselfde kamp jaag, vreet hulle of verkies hulle verskillende grasse of is hulle in direkte kompetisie met mekaar? - James Cameron (james@wingshooting.co.za)

Antwoord:
Die mate van kompetisie tussen skape en beeste sal beïnvloed word deur die tipe en hoeveelheid weiding; die drakrag en veebelading. Indien die weiding skaars is, sal daar definitief kompetisie wees. Dit is egter so dat skape baie beter selekteer en baie fyner materiaal as beeste kan benut en vir hierdie rede benodig beeste vroeër byvoeding as skape.

Dit is egter 'n beter opsie om die verskillende spesies apart te laat bewei. Wanneer lekke verskaf moet word, word probleme ervaar want die beeste sal die meeste lek vreet waardeur skape benadeel word. Verder benodig skape 'n baie beter gehalte lek as beeste.

Ek sal aanbeveel dat Jan Hoon van Grootfontein Landbou Kollege geskakel word, want daar was 'n paar jaar gelede 'n navorser, Du Toit, wat bepaal het wat die invloed van die gelyktydige beweiding van veld met verskillende spesies is.

  • Geskryf deur Dr. Jasper Coetzee, Voermol Voere

    02 Oktober 2007