Landbou
Die beste byvoeding
Dr. JASPER COETZEE

Vraag:
Ek bly op Bray sowat 220km vanaf Vryburg. Ons het baie goeie reën gehad en die veld is puik. Ek het osse wat nou 360kg weeg en wil hulle graag oor die vlg 100dae 1kg+ 'n dag laat optel op die veld. Ek sou net graag wil weet wat is die beste byvoeding.- Philip van den Worm (philipvandenworm@yahoo.com)

Antwoord:
Solank daar volop, goeie gehalte en aktief-groeiende gras is, word 1.2 kg Voermol Supermol per bees per dag gevoer. Indien die gras begin pypvorm en in die saad kom, word die Supermol om die helfte met mieliemeel gemeng en teen 2.5 kg per bees per dag gevoer.

Vir verdere inligting klik hier. Die artikel is in PDF-formaat.

  • Geskryf deur Dr. Jasper Coetzee, Voermol Voere

    15 Januarie 2007