
NuTec Southern Africa (Pty) Ltd word gesamentlik deur Astral Foods in Suid-Afrika en Provimi Holdings in Holland besit. Provimi beskik oor meer as 100 vervaardigingsaanlegte in 30 lande.
NuTec is in deurlopende kontak met Provimi deur middel van 'n elektroniese intranetstelsel, genaamd Provinet. Dit stel NuTec in staat om deurlopend in verbinding te wees met veekundige spesialiste regoor die wêreld.
NuTec is verskaffers van:
1. Vitamien en minerale voorvoer-mengsels
2. Mikro en makro-voorvoer-mengsels
3. Voerbyvoegings en ensieme
4. Dieregesondheidsprodukte, geursels en versoeters
5. Aminosure
6. Rumenbuffers
7. Voerformulasies.
NuTec beskik oor 'n wye reeks vitamien en minerale voorvoer-mengsels. Deur effektiewe voerformulering met optimale vitamien en minerale byvoegings te kombineer, is NuTec instaat om aan 'n wye reeks diere se vereistes te voldoen.
Voer-additiewe en spesialiteitsprodukte word dan gebruik om winsgewindheid vir u, die kliënt, te optimaliseer. NuTec streef daarna om persoonlike en professionele tegniese dienste aan kliënte regoor Suid-Afrika te verskaf. NuTec word ondersteun deur 'n groep bekwame agente op strategiese verspreidingspunte regoor Suid-Afrika.
NuTec ag kwaliteit van groot belang en alle produkte word vervaardig volgens internasionale kwailteitstandaarde. NuTec is 'n ISO/HACCP (GMP) gesertifiseerde maatskappy.
Navrae:
Herman Nienaber
Tel: 033 397 9405
Selfoon : 079 886 1949
Faks: 033 387 5354
Webwerf: www.nutecsa.co.za
4 Februarie 2008