Landbou
Lemoenskille vir beeste?
Dr. JASPER COETZEE

Vraag:
Is daar enige gevaar daaraan verbonde om lemoenskille aan beeste te voer? Die vleisbeeste het dit geniet. Die melkbeeste se produksie het verhoog. Kan ons daarmee voortgaan? Sandra van Dyk - Pieterd@webmail.co.za

Antwoord:
Lemoenskille is baie smaaklik en gevolglik word hoë innames daarvan verkry. Dit is 'n goeie bron van pektien, 'n koolhidraat wat dus 'n energiebron is wat energie aan diere verskaf en wat gevolglik produksie verhoog. Verder voorsien dit ook effektiewe vesel wat 'n gesonde rumen verseker en wat mikrobeproteïenproduksie asook bottervetproduksie verhoog.

Indien diere vir 'n tyd lemoenskille gevreet het en dan na 'n rantsoen sonder lemoenskille moet oorskakel, val hulle voerinname omdat hulle so gewoond raak aan die smaak van lemoenskille dat hulle traag is om rantsoene sonder lemoenskille te vreet. Laer voerinnames verlaag die produksie van die diere.

Daar kan dus met die voer van lemoenskille voortgegaan word.

  • Geskryf deur: dr Jasper Coetzee, Voermol (jasperco@iafrica.com)

    2 April 2008