Vraag:
Ek boer in die Upington-omgewing. Ek doen vloedbesproeiing op my weiding. Ek het Vleismerinos wat twee ure in die oggend en weer twee ure in die middag op die aangeplante weiding loop. Hulle bly die res van die dag in die kraal waar hulle lusern kry. Wat is die beste lek waar ek mielies en lusern kan gebruik en hoe gereeld moet ek hulle doseer? - Johan Herman (boertjie.johan@gmail.com)
Antwoord:
Dit is nie 'n algemene praktyk om ruvoer (d.i. lusern) in 'n lek in te sluit nie. Wanneer bestanddele soos mielies en ander konsentrate met lusern vermeng word, praat ons van 'n volledige rantsoen. 'n Ander probleem is dat indien lusern in 'n lek ingemeng word, is dit baie moeilik om die inname te beheer, al word sout bygevoeg, omdat die sout skei van die lusernpartikels en dus vreet die skape dan selektief.
Om 'n sinvolle aanbeveling te doen, moet ek weet of die ooie droog, vroeg, mid- of laatdragtig of lakterend is, want die ooi se voedingbehoeftes verskil gedurende hierdie fidiologiese stadiums en gevolglik moet die leksamestelling ook.
Daar is twee opsies vir laatdragtige en lakterende ooie. Eerstens voer die lusernhooi eenkant ad lib en voer die ooie vanaf ses weke voor lam (300g - 400g/ooi/dag) asook gedurende laktasie (400g - 500g/ooi/dag) van die volgende lek:
Die tweede opsie is om 'n volledige lammerooirantsoen te maak. Hierdie rantsoen se inname moenie 2.5kg/ooi/dag oorskry nie, want dit kan tot ureumvergiftiging aanleiding gee. Hierdie rantsoen moet in bakke gevoer word met voldoende vreetspasie sodat al die ooie gelyktydig kan vreet. Voer die helfte in die oggend en die ander helfte laatnamiddag. Moenie selfvoerders gebruik nie, want dan gaan die ooie hulle oorvreet en kan hulle van ureumvergiftiging of asidose (suurpens) vrek.
Vir alle ander ooie (droë, vroeë en middragtige ooie) kan lusernhooi eenkant ad lib gevoer saam met 250g - 400g/ooi/dag van die volgende lek:
'n Ander opsie vir droë, vroeë en middragtige ooie is om die volgende 'n volledige onderhoudsrantsoen teen maksimum 3.5kg/ooi/dag te voer:
Kontak een van die plaaslike verteenwoordigers van 'n farmaseutiese maatskappy om 'n doseerprogram uit te werk.
8 Julie 2008
