Landbou
Agri-besighede presteer


Die winsgewendheid van landbou-besighede het verlede jaar stewig met 24% teenoor die vorige jaar gestyg.

Dit was hoofsaaklik die gevolg van verhoogde omsette en verbeterde bestuurstyle. Groter aanplantings vanweë optimisme oor verwagte hoër pryse van sleutelgewassse het tot die styging in die omsette van handelsitems (27%), onderdele (28%), implemente (43%) en graantransaksies (67%) bygedra.

Hierdie resultate is behaal gedurende 'n tydperk van beter ekonomiese veragtinge voordat droogtetoetande, wat veral in die noordelike graangebiede geheers het en die gepaardgaande laer silobesetting (die grootste bron van inkomste) met 13% gedaal het.

Hierdie is enkele van die bevindings van die derde PriceWaterhouseCoopers-prestasiemetingsopname wat gedurende November 2007 vir die 2007-verslagdoeningstydperke onder 21 landbou-besighede met 'n omset van R20,5 miljard gedoen is.

Klik hier om die volledige verslag te lees.

Mnr. Kobie Bekker, PWC se nasionale leier van die agri-industriesektor, sê dat die opname bruikbare inligting aan landbou-besighede verskaf om hul bedryfsresultate onderling te vergelyk en hul kennis oor saketoestande uit te bou.

"Die resultate dui veral op verbeterde bestuurstegnieke wat in dié tydperk deur landbou-besighede toegepas is. Dit blyk veral uit die verbeterde kontantposisie waarin landbou-besighede verkeer, terwyl die mees riskante bate, nl. debiteure, terselfdertyd strenger beheer is. Hoewel die totale omset met 51% in hierdie mededingende bedryfstak toegeneem het, het debiteure slegs met 19% estyg. Dit het meegebring dat die gemiddelde uitstaande debiteure in dié tydperk van 104 dae tot 94 dae afgeneem het. Dit op sigself spreek van hoër bestuursdoelweitte wat nagestreef is.

"Die voorraadvlakke van masjinerie en implemente het aanvanklik verminder, maar handelsvoorraad het weens kleiner koopkarg teen die einde weer begin styg."

Bekker sê die resultate van die landbou-besighede dui egter op verbeterde voorraadbestuur, deurdat die voorraad-omsetsnelheid met 13% teenoor die vorige jaar verbeter het.

"Die kontantvloei van die landbou in sy geheel behoort weens die lae wêreldvoorraadvlakke van graan te verbeter, mits die oeste en die belangrikste wisselkoerse normaal bly.

"Landbou-besighede se ingesteldheid op swart ekonomiese bemagtiging is oor die algemeen positief, met die druk om te transformeer wat toenemend vanuit die landbou-waardeketting afkomstig is. Die oorgrote meerderheid deelnemers het reeds hul SEB-planne begin implementeer, aangesien bykomende sakegleenthede 'n groot dryfveer is."

30 Januarie 2008