Landbou


Promosie-artikel:
Beding sommer met jou muis


Nie een besigheid is dieselfde nie, maar almal voer dieselfde stryd teen stygende pryse en onwinsgewendheid. Farmer First-groep is hier om boere te help om aankooppryse aansienlik te verminder, kosbare tyd te bespaar en hul wins op te stoot.

Die Farmer First-groep (FFG) bied 'n praktiese aanslag tot kostebestuur deur aankopers en verkopers nasionaal met mekaar te verbind. In vandag se mededingende klimaat benodig die boer gespesialiseerde aankoopoplossings vir sy eiesoortige bedryf.

Om sy kliënte te help, onderhandel die FFG namens boere wat by hom geregistreer is. Die boer behou te alle tye sy eie identiteit, maar bly mededingend terwyl die FFG namens hom onderhandel en grootmaatpryse beding. Só werk dit:

  • 'n Volumebepaling word onder die deelnemende boere gedoen.
  • Spesifikasies van die produk en die volume word aan verskaffers gestuur.
  • Die verskaffers ding mee om die vereiste volume teen die laagste prys te verskaf.
  • Alle verskaffers ding op die internet mee deur 'n stelsel wat spesifiek daarvoor ontwikkel is.
  • Verskaffers kan wêreldwyd genader word om deel te neem.
  • Die kombinasie van aankoper, verskeie verskaffers en interaktiewe bodplasing beteken laer aankoopkoste.

    Omdat die verskaffers op 'n internetgedrewe platform met mekaar meeding om besigheid te wen, word die prys in die proses laer gedryf. Dinamiese onderhandelings vind vir 'n beperkte tyd plaas via 'n bodplasingsfasiliteit wat deur 'n enkele aankoper (of 'n groep) aangebied word. Die feit dat die omvattende onderhandelingsproses deur die internet plaasvind, beteken verder dat dit nie saak maak waar die verskaffer is nie.

    Danksy die FFG se diens kan die boer nou met groter organisasies meeding en 'n nuwe vlak van bestedingsbestuur geniet. Die FFG tree egter namens die hele groep op en nie vir 'n enkele boer nie omdat 'n groot impak slegs deur 'n groter volume gemaak word.

    Produksiefinansiering
    Produksiefinansiering is vir die meeste boere seker een van die belangrikste aspekte om 'n bestaan te voer en in die mark te bly. Die woord sê presies wat dit is, naamlik finansiering- en fondsbestuur wat aangebied word om die produksiekoste te betaal, met graan as sekuriteit vir die lening.

    Verskillende produkte is beskikbaar om by die boer se behoefte te pas. Die FFG is tans besig om sy eie kredietlyn te bekom, wat dit vir die boer baie kostedoeltreffend gaan maak.

    Batefinansiering
    Batefinansiering in die vorm van 'n huurooreenkoms is die nuutste produk wat op die mark vir boere beskikbaar is. Die huurkonsep laat die volle gebruik van die toerusting toe sonder die bekommernis van eienaarskap. Die "huur" kan gedefinieer word as die ononderbroke gebruik van die toerusting teen 'n bekostigbare premie vir die kliënt.

    Huurooreenkomste is volledig belastingafskryfbaar as 'n bedryfsuitgawe.

    Die begroting word glad nie beïnvloed nie en die transaksie word ook nie teruggehou deur 'n tekort aan geld nie. Die ooreenkoms bied verder aan die kliënt die opsie om binne die huurtydperk die toerusting op te gradeer.

    Belasting op toegevoegde waarde word ook nie vooruit betaal nie, maar is deel van die maandelikse premie. Dit bied waardevolle besparings wanneer die toerusting opgegradeer word. Verder bied dit die boer likiditeit in sy bedryfsuitgawes en kan hy sy beskikbare geld elders gebruik.

    Kontak ons gerus om te sien watter groot verskil verhuring aan jou winsgewendheid en kontantvloei kan maak.

    Groepskema-versekering
    Groepskema-versekering sal binnekort vir boere in 'n spesifieke omgewing beskikbaar wees. Dit behels lewensversekering, mediese versekering en korttermynversekering vir produksiekoste.

    Die FFG se aansluitingsgeld is R1 482 per jaar, BTW ingesluit. Daar is geen vaste koste om die stelsel en die dienste te gebruik nie. Die lid trek slegs voordeel uit die besparing wat behaal word. Indien daar geen besparing tydens 'n bodplasingsproses nie, hef die FFG ook nie geld nie. As daar wel 'n besparing is, hef die FFG 30% daarvan. Die besparing word beskou as die verskil tussen die openingsbod en die laagste toegekende bod. Alle openingspryse sal vooraf met die verskillende verskaffers vasgemaak word.

  • Navrae:
    Mnr. Johann Grobbelaar, sel. 084 491 0291 of 079 517 2678, faks 086 618 1192
    of e-pos: johann@farmerfirstgroup.co.za.
    Webwerf: www.farmerfirstgroup.co.za
    www.f1groep.co.za.

    6 Februarie 2008