Landbou
Promosie-artikel:
Bring boere byeen vir beter pryse


Die Farmer First Groep se besigheid is om boere bymekaar te bring en gesamentlik te beding vir beter insetpryse.

Uit 'n lanbou-ekonomiese oogpunt gaan dit maar bedroef met die landbousektor op baie vlakke.

Die belangrikste gedeelte daarvan is by die boer, en dis by dié punt waarby almal verby kyk. Hoër voedselpryse begin by regstreekse insetkoste, wat die boer ten duurste moet aankoop, en almal is bekommerd oor hoeveel wins die landboubesigheidsektore maak.

Ons moet pasop dat ons nie in 'n Eskom-scenario in hardloop waar ons sonder krag sit en vir mekaar sê ons moes 10 jaar gelede daaraan aandag gegee het nie. Die Farmer First Group is hier om 'n verskil te maak in aankoopprosedures van boere en dit meer lewensvatbaar te maak vir die landboubedryf.

Farmer First se besigheid is om boere bymekaar te bring en gesamentlik te onderhandel vir beter insetpryse. Dit is al oor en oor bewys dat groot volumes 'n prysverskil het. Die enkele boer het nie die bedingingsmag om 'n verskil te maak nie, en daarom doen ons dit saam. Die boer bly te alle tye onafhanklik en is verantwoordelik vir sy eie betaling aan die verskaffer.

Verdere dienste wat aangebied word deur Farmer First Group is produksiefinansiering, batefinansiering en versekering.

Ons batefinansiering is anders en bied baie meer waarde as wat ooglopend te siene is vir die boer! Dis nuut, vars en winsgewend!

  • Finansiering in die vorm van 'n huur-ooreenkoms het baie voordele waarna 'n boer behoort te kyk:
  • Maandelikse premies is 100% afskryfbaar as 'n bedryfsuitgawe.
  • Die begroting word glad nie beïnvloed nie.
  • Die ooreenkoms bied ook aan die kliënt die opsie om binne die huurtydperk die toerusting op te gradeer.
  • BTW word nie vooruit betaal nie, dis deel van die maandelikse premie.
  • Skep likiditeit in bedryfsuitgawes.
  • Geen deposito betaalbaar nie.
  • Keuse van huur om te gebruik en huur om te besit.
  • Geen kontrakfooie vir Farmer First-lede nie.

    Farmer First Group, jou een groep landboumaatskappy wat na jou belang omsien!

  • Navrae:
    Mnr. Johann Grobbelaar, sel. 084 491 0291 of 079 517 2678, faks 086 618 1192
    of e-pos: johann@farmerfirstgroup.co.za.
    Webwerf: www.farmerfirstgroup.co.za
    of
    www.f1groep.co.za.

    4 Maart 2008