'n Studie wys dat markgedrewe projekte vir grondhervormin baie beter vaar as dié wat uitsluitlik deur die staat aangevoer word.
Suid-Afrika moet onmiddellik 'n dinamiese, aksie-gedrewe vennootskap kry wat die grondhervormingsproses weer op koers kan kry, lui die jongste CDE-verslag.
Geenbewerking
beteken nie bloot
om in oesreste te
plant en die grond
so min moontlik te
versteur nie.
Geld vir grondhervorming alleen beteken nie Suid-Afrika gaan gou 'n
nuwe geslag kommersiële boere hê nie. Sonder hulp van die Regering
is grondhervorming tot mislukking gedoem.
Die Regering wil selferkende leemtes in sy sloerende grondhervormingsprogram nou regruk met 'n splinternuwe "vlagskip"-projek waarby die private sektor ook betrek gaan word.
Die Regering gaan skaars die helfte van sy 2008/09-teiken vir grondhervorming haal met sy huidige begroting en teen heersende grondpryse.
Die DA gaan die voorgestelde nuwe Onteieningswet met al die middele tot sy beskikking beveg, het die party se landbouwoordvoerder Dinsdag in 'n persverklaring bekend gemaak.
Grondsake en die Grondeisekommissie het net soveel belastinggeld gemors op hofsake in 'n grondtransaksie as wat hulle belastingbetalers daarmee wou spaar.
Die Departement van Grondsake kom gereeld
onder skoot vir sy verskeidenheid planne,
maar veral oor die onvermoë om dit in die
praktyk te laat werk.
Die wysigings aan die Onteieningswet is deur die Kabinet goedgekeur. Kommentators meen dit kan egter binne- en buitelandse vertroue geweldig skaad.
Almal het die kompleksiteit van grondhervorming in Suid-Afrika onderskat, luidens 'n navorsingsverslag wat pas vrygestel is.
Die druk "van onder af" vir grondhervorming in Suid-Afrika is betreklik laag luidens 'n regeringsdokument oor 'n beplande nuwe grondstrategie (SIS).
Mentorskap het die potensiaal om 'n ware sieraad in die
Suid-Afrikaanse landbou te word. Min mense ken egter die
aard daarvan en die eise wat dit stel.
'n Span navorsers wat metodes ondersoek om
uitgewerkte myne in Namakwaland te restoureer,
se navorsing het waardevolle inligting opgelewer.
Boere wat in 'n grondeis gewikkel is moet binne ses maande met die
Regering oor 'n koopsom ooreenkom. Anders gaan hul grond onteien word. Maar hoe gemaak as die Regering
sloer?
Ál meer vraagtekens duik op oor die bedrywighede van 'n onderneming wat voorgee hy het 'n mandaat van die Regering om plase vir 'n "grondkoop-veldtog" van die staat te bekom.
'n Plaas van meer as 2 350 ha
in Limpopo wat op 11 Januarie onteien gaan word,
was drie jaar gelede 'n vrywillige
verkooptransaksie, maar die staat het nie die transaksie beklink nie.
Die grondeisekommissaris van Limpopo en vier van sy amptenare verskyn eersdaags weer in die hof op 'n klagte van bedrog in 'n grondeis.
Die TLU SA gaan "onwettige" grondbelastings wat deur munisipaliteite gehef word, op die hoogste regeringsvlak beveg.
Die hervestigingsprogram in Namibië ontwortel net soveel mense as wat daardeur hervestig word.
|
Hierdie week in LBW
- Kenners praat oor wintergraan - Grond-oordrag kan werk - Plan stuit ekologiese ramp - Boer presies: Maak geld - Driehoekkruising werk - Manuel bieg oor landbou-foute - Kos: Braaiboud |