Amerikaanse vuilbroed, of jongbysiekte, versprei volgens 'n voorlopige ondersoek nou verder as die Wes-Kaap.
Suid-Afrika se groeiende bevolking en onbeheerde groei in die mynbou maak water 'n skaars kommoditeit, sê die TLU SA Noord, en nie vermorsing deur die landbou nie.
Kommersiële boere sal ook hulle deel van die R99 miljoen-begroting om landbouproduksie te verhoog kry.
Slagplase sluit toenemend meer van karkasse by die vyfde kwart in en hulle nie hiervoor vergoed nie, kla rooivleisprodusente.
Die Naboom-windpompfees neem eersdaags plaas en is daarop gemik om die landbou en toerisme in die Naboomspruit-omgewing te bemark.
'n Forensiese ondersoek deur die Gautengse departement van landbou het bedrog van R81 miljoen oopgevlek.
Die Land Bank het dit reggekry om R560 miljoen van nie-presterende lenings in te vorder, wat bewys dat dié bank nou in 'n beter posisie is.
Senwes vier nie net sy honderdste bestaansjaar vanjaar nie, maar het ook sy mees winsgewende jaar nóg beleef.
Valuta-omskakelings, voorraadaanpassings en die boetes wat deur die Mededingingskommissie opgelê is, het Sasol se chemiese bedrywighede geknou.
Waarom aanvaar die Regering nie dat sy beleid van grondherverdeling misluk het en laat produktiewe plase met rus om voedsel te produseer nie, skryf die TLU SA.
Landbou.com ervaar probleme met sy normale soek-funksie en dit is nie tans beskikbaar nie. Die soek-funksie word nou via Google gehanteer.
Landbou.com en die webwerf Agriwiki.co.za het 'n ooreenkoms aangegaan om saam te werk. 
|
Hierdie week in LBW
- Goeie toekoms vir mielies - Weidingsproef in Karoo - Landbou kan armoede verlig - Opwindende vooruitsigte in Botswana - Safex wissel weens min feite - Kos: Trots SA-kos |