Die jagskrywer Ben Fourie het sy eie Macnab gereël: Hy wou 'n rooiribbok, springbok en takbok op een dag skiet.
Wat vat jy alles saam veld toe as jy gaan jag? 'n Bedrewe jagter vertel wat hy in sy bladsak pak.
Amerika se jagters word so vinnig minder dat
hulle selfs al 'n bedreigde spesie genoem word.
Maar dít sal 'n mens nie sê as jy in die jagseisoen
in Wes-Virginië aankom nie.
'n Bylae oor jagpakkette in Suid-Afrika is in vandeesweek se uitgawe van Landbouweekblad en SA Jagter/SA Hunter, versprei.
Jy sien hulle nou weer oral op Kerskaartjies en - versierings: Vader Krismis se rendiere. Maar die bokke is beslis nie ons takbokke nie, skryf 'n jagentoesias.
'n Navorsingsverslag oor sogenaamde biltongjagters bevat heelwat aanvegbare bevindinge. 'n Mens wonder byvoorbeeld waar die idee ontstaan het dat daar twee groepe jagters in Suid-Afrika is.
Dit is duidelik dat tien verskillende permitstelsels vir die jagbedryf nie werk nie. Een stelsel is noodsaaklik, sê die Minister van Omgewingsake en Toerisme.
"Bakkiejag" en voorsitjag is twee maniere waarop springbokke gejag kan word, maar die lekkerste manier om dié bokkies plat te trek, is te voet. Só skryf 'n jagentoesias.
Daar is gewoonlik drie maniere waarop springbokke gejag word, sê 'n jagentoesias. In hierdie artikel skryf hy oor twee soorte springbokjag.
Die internasionale voorlaaier-skietkompetisie wat in Kaapstad ten einde geloop het, het verskeie wêreldrekords opgelewer.
'n Jagentoesias wonder wat maak van 'n mens 'n toegewyde jagter en wat presies maak 'n jaguitstappie 'n sukses.
Gedink jou oupa se ou voorlaaier wat nog in die Anglo Boere-oorlog gebruik is, sal maar
in die kluis moet bly? Moenie glo nie!
'n Ywerige jagter en geweerliefhebber skryf oor verskillende gewere vir verskillende boksoorte.
BR & S Legal Firearm Alert spesialiseer in die Wet op Beheer van Vuurwapens en bied verskeie dienste aan.
Sommige mense kan nogal opgewonde raak wanneer oor kalibers en die keuse van patrone gesels word!
Die voornemende koper van 'n nuwe geweer moet soveel moontlik gewere hanteer om seker te maak wat voel vir jou reg. Jy gaan lank daarmee skiet.
Plaaslike jagters besef dalk nie altyd nie hoe gelukkig hulle is nie, totdat 'n oorsese jagtersvriend vertel hoe beperk jaggeleenthede in sý land is.
Enkele dae nadat Jan van Riebeeck in Tafelbaai geland het, het die eerste jagtog plaasgevind om voëls te skiet.
Die gewapende soldate wat saam met Jan van Riebeeck in Tafelbaai geland het, het 'n reuse-invloed op die geskiedenis gehad.
Ná talle jagtogte met verskillende gewere en kalibers op verskillende wildsoorte, soek 'n mens meer uitdagings.
|
Hierdie week in LBW
- Kenners praat oor wintergraan - Grond-oordrag kan werk - Plan stuit ekologiese ramp - Boer presies: Maak geld - Driehoekkruising werk - Manuel bieg oor landbou-foute - Kos: Braaiboud |