Landbou
Nuwe resepte vir wildsvleis
Deur CHARL VAN ROOYEN

Die derde uitgawe van die wildsresepteboek, Bos & Kombuis, het pas die lig gesien. Dit word saam met die Desember-uitgawe van SA Jagter versprei, wat reeds op die winkelrakke is. Mnr. André van Dyk, redakteur van die tydskrif, sê die boekie is tydens 'n bosnaweek saam met kok Gert Liesching, voorsitter van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging se Oos-Randse tak, en me. Amandie Rademeyer van Crown National, hoofborg van die boekie, aan die hand van nuwe resepte opgradeer.

Klik hier om enkele foto's van dié resepte te sien.

Die doel van die boekie is om die gebruik van wildsvleis te bevorder. Dit is belangrik dat wildsvleis reg voorberei en gaar gemaak word. Bos & Kombuis 3 is propvol wenke. Meer as helfte van die resepte kan maklik deur die jagter in die jagveld voorberei word. Die res is vir die fynproewer in 'n moderne kombuis. Daar word ook gepoog om alle snitte van die wildskarkas te benut.

Bykomende eksemplare kan by tel. 012 808 2145/8 bestel word.

14 November 2007