Landbou
Kos en resepte
Spesiaal vir mamma
Maak vir ma die lekkerste soetgoed en verpak dit mooi vir Moedersdag. Vra vir Pa om te help met die skerp messe en warm potte.

Sny die koek
Bak 'n heerlike, geurige koek en nooi jou vriendinne vir 'n koppie tee. Ons toetskombuis gee vier gunsteling-resepte.
Varkvleis smaak vorentoe
Gemaal, gerook, gekerrie of gebraai - die moontlikhede met varkvleis is eindeloos. Proe gerus aan ons toetskombuis se liplekker resepte.
Amber nektar
Brandewyn is sjiek, gesofistikeerd en ons plaaslike brandewyne kan stof in menige konjak se oë skop. Boonop is dié goue drankie ewe tuis in 'n kristalglas as in 'n kookpot.
Bak beskuit
Sorg vir iets te eet saam met die boeretroos en probeer een van ons toetskombuis se lekker beskuitresepte.
Dadel-lekkertes
Die intense, soet geur van dadels is ideaal vir gebak en ander lekkernye. Boonop proe dit vir my of dit gemáák is om in die herfstyd te eet.
Kook en bak met konfyt
Gebruik die konfyt wat jy in die somer gekook het om hierdie liplekker terte en poedings te maak.
Hemelse heuning-likeur 'n eerste
'n Sjokolade-en-heuninglikeurtruffel, 'n betowerende kombinasie van gehalte en smaak, is dié wynlandgoed se nuutste soet skepping en 'n eerste in die sjokolade- en wynbedryf.
Koeksister se susters
Daar is al 'n monument in haar eer opgerig, dus hoef daar nie veel meer oor haar status gesê te word nie. Die koeksister is 'n Suid-Afrikaanse ikoon.
Slaaie
Kyk nuut na slaai - dié drie is nie dieetkos of borde vol blare nie, maar volledige someretes.
Sewe sondes
Verlei jou Valentyn met een van hierdie sewe sensasionele sjokoladeskeppings.
Pak 'n piekniek
Neem jou man en kinders uit vir ete ... tot onder 'n groot koelteboom in die veld of tot by 'n dam en bring die hele dag in die natuur deur.
Poeding met perskes
Soet, sappige perskes is nou volop. Maak dus die meeste van wat die seisoen voorsien en tower heerlike nageregte daarmee op.
Oor die kole
Huisgenoot se kosspan het onlangs 'n nuwe prag-resepteboek Braai die lig laat sien. Dis 'n boek wat geen ras-egte Suid-Afrikaanse braaier mag misloop nie. Kyk self ...
Kersgebak vir vir laatslapers
Dit voel of dié tyd elke jaar net vinniger vlieg. As die feestyd jou dus (ook) vanjaar onverhoeds betrap het en daar nie Kerskoek in die huis is nie ... ontspan en lees hier.

Iets vir die koekblik
Hier's 'n paar lekker resepte om te sorg dat die koekblikke dwarsdeur die vakansie vol bly.

Sitrus vir die somer
Sitrus en somer is nie algemene pasmaats nie. Maar die geur van suurlemoen pas perfek by somerse geregte.
Nuwe resepte vir wildsvleis
Die derde uitgawe van die wildsresepteboek, Bos & Kombuis, het pas die lig gesien. Dit word saam met die Desember-uitgawe van SA Jagter versprei.
Naweek-hoender
Op Saterdae kan jy maar vergeet van vleis, rys en drie groentes. Dis mos 'n dag vir burgers of braaihoender! Hier's vier lekker idees vir naweek-etes met hoender.
Verkoelde weelde
Bederf jouself en jou gaste met een van ons onweerstaanbare yskasterte.

Stem
Meen jy die Regering gaan die pryse van basiese voedselsoorte vaspen?
Nee
Ja
Weet nie
Stel 'n standpunt, vra vrae of gesels sommer net.
Goeie geselskap oor aktuele en minder aktuele landbousake, alles per e-pos.
Teken in vir die weeklikse oorsig.
Pryse wat vir grond in Suid-Afrika betaal is.
Klik om Landbouweekblad elke week te ontvang.
Hierdie week in LBW
- Kenners praat oor wintergraan
- Grond-oordrag kan werk
- Plan stuit ekologiese ramp
- Boer presies: Maak geld
- Driehoekkruising werk
- Manuel bieg oor landbou-foute
- Kos: Braaiboud