Vraag:
Ek wil graag weet of daar breë spektrum-entstowwe beskikbaar is op die mark,waarmee jy skape en beeste kan ent teen die mees algemene siektes, soos bloednier, rooiwater, hartwater, lamsiekte en ander algemene siektes. Kan 'n mens ook beeste en bokke met dieselfde middels ontwurm? - Johann Nell (johann@gtss.co.za)
Antwoord:
Daar is verskeie entstowwe op die mark beskikbaar wat diere teen meer as een siekte immuniseer. Voorbeelde van dié entstowwe is:
Kombinasie-entstof vir skape
Vir skape is daar 'n kombinasie-entstof teen sponssiekte (C.chauvoei), baarmoedersponssiekte (C.septicum), bloednier (C.perfringens tipe D), klem-in-die-kaak en pasteurella-infeksies. Die entstof Multivax P (G1517) is 'n dooie entstof en moet ook 2 keer 4-6 weke uitmekaar toegedien word as die entstof die eerste keer toegedien word. Dit is aan te beveel dat ooie geënt word ongeveer 6 weke voordat hulle gaan lam sodat die lammers deur die biesmelk-immuniteit beskerm kan word.
Skape wat gevoer gaan word, kan ook met Multiclos soos hierbo vir beeste beskryf, ingeënt word.
Vir volledigheidshalwe gee ek hier 'n lys van die belangrikste "enkelentstowwe" wat beskikbaar is:
Entstowwe vir beeste, skape en bokke
Enstowwe vir beeste
Entstowwe vir skape en bokke
Dit is baie belangrik om die produkinligtingsbiljet baie goed deur te lees, veral waar bokke met die miltsiekte entstof ingeënt word. Indien die entstof in die nek gespuit word, kan 'n geweldige swelsel ontstaan wat selfs tot vrektes kan lei, aangesien die lugweë toeswel.
Die antwoord op die vraag wat u vra of u beeste en bokke met dieselfde middels kan ontwurm is die volgende:
Lees die produkinligtingsbiljet goed deur. Die meeste produkte kan wel vir beeste, skape en bokke gegee word. Maak net seker dat u die korrekte dosis gee. U sal sien dat die makrosikliese laktoon (Groep 1) nie in die inspuitbare vorm nie, maar wel as 'n orale dosering vir bokke gegee kan word.
27 Julie 2005