Landbou
Beenmeel vir beeste en wild
Dr. JASPER COETZEE

Vraag:
Wat is die doel van beenmeel as byvoeding by beeste? Wat is die alternatiewe en hoeveel moet 'n bees per dag inkry? Is dit nodig om die inname te beperk met sout? - Daan Erasmus (daan.erasmus@kumbaresources.com)

Antwoord:
Beenmeel bevat ongeveer 24 % kalsium, 12 % fosfor en 12 % proteïen. Beenmeel is vroeër hoofsaaklik as 'n kalsium- en fosforbron gebruik. Beenmeel wat vir dierlike gebruik verkoop word, moet gesteriliseer word volgens die regulasies vervat in die Veevoerwet (wet 36 van 1947). Dit word gedoen om die verspreiding van siektes te voorkom.

"AFMA (die Assosiasie vir Veevoervervaardigers) instituted a voluntary ban on the use of bone meal in ruminant feeds since 1997 and 29/5/2001 respectively; Rendered products from ruminants may not be fed to ruminants."

AFMA het pas die volgende voorstel aan die Departement van Landbou vir kommentaar gestuur: "No person shall feed any mammalian derived protein (with the exception of milk and milk products) to any animals other than carnivores and predators. " Gevolglik gebruik geen geregistreerde veevoermaatskappy beenmeel nie. Veral ná die uitbreek van malbeessiekte word die gebruik van beenmeel totaal ontmoedig.

As alternatief word fosfaatlekke aan beeste gevoer (klik hier om 'n artikel daaroor te lees).

  • Dr. Jasper Coetzee is verbonde aan Voermol Voere.

    22 Augustus 2005