Vraag:
Ons was die naweek op 'n wildsplaas. Die gids het vertel dat dragtige springbokke gedurende droogtetye hul lammers se geboorte met tot twee maande kan terughou. Vir my klink dit onmoontlik. As sy nie eers vir haarself genoeg kos kan kry nie, hoe kan sy die ongebore lam voed. Ek sal graag uitsluitsel hieroor wil hê. - Wilna (voges@tlantic.net)
Antwoord:
Daar is geen wetenskaplike bewyse vir só 'n wye stelling nie, maar daar is al waargeneem dat die kleiner antelope, soos springbokke en rooibokke, wel pieke toon van lammers gedurende die lamtyd, en meestal geskied die pieke in tye wanneer dit baie gunstig is vir die ooie wat lam (groen gras, baie weiding, baie water). Wat wel al gesien is, is dat die draagtyd nie 100 % konstant is nie, m.a.w dat dit 'n paar dae langer of korter kan wees as die gemiddeld, maar beslis nie 2 maande nie!
31 Julie 2006