Landbou
Varksog vreet eie kleintjies
Dr. KATE TUCKER

Vraag:
My vriend het 'n probleem, met sy varksog wat kleintjies gekry het. Vier het sy opgevreet en die ander blykbaar doodgetrap. Sy is in 'n hok van so 6x6 meter met 'n grondvloer. Hy voer haar van die rantsoen wat hy sy skoubeeste voer met mieliemeel en lusern. Is daar iets verkeerd met die dieet of is sy onder stres? - Deon Stander (dstander@medunsa.ac.za)

Antwoord:
Aggressie teenoor varkies is meer algemeen in jong sôe met eerste geboorte, maar dit kom wel ook voor onder ouer sôe. Die aggressie kan behandel word deur die sog 'n kalmeermiddel kort na geboorte te gee. Indien die aggressie voorkom met meer as een werpsel, is dit beter om van die varksog ontslae te raak. 'n Varksog wat nie in 'n jonghok met 'n jonghokreling is nie, is meer geneig om op die varkies te trap of te lê, aangesien die varkies maklik onder haar kan beland. Dit gebeur veral wanneer hulle op soek is na hitte. 'n Dieet wat bedoel is vir skoubeeste, is definitief nie 'n gebalanseerde dieet vir varke nie. Dit mag tot ander gesondheidsprobleme lei, maar sal nie die oorsaak van die aggressie wees nie.

  • Geskryf deur dr. Kate Tucker, Intervet.

    28 Oktober 2006