Vraag:
Kan die inenting van sponssiekte/dikkop sponssiekte (met bv. Pfizer Ultra Choice 7), binnespiers met 'n paalspuit gedoen word by wild? Ek verstaan die rede waarom onderhuids aanbeveel word, is omdat binnespierse toediening absesse mag veroorsaak. - Albert Venter (aventer7@ford.com)
Antwoord:
In begginsel behoort daar geen verskil tussen onderhuidse of binnespierse toediening vir klostridiale entstowwe te wees nie. Die rede vir onderhuidse toediening (soos u opmerking in die vraag tereg sê), is om die vleis sonder letsels te hou. Van die entstowwe kan 'n klein letsel onderhuids veroorsaak, en dit mag dus ook 'n letsel in die spier agterlaat.
Dit hang dus daarvan af of Albert sy wild vir teling aanhou, en of hy liewers biltong wil maak! Indien daar 'n abses ontstaan, sal dit dus weggesny moet word.
Die entstowwe met baie antigene mag ander bestanddele hê wat nie binnespiers ingespuit moet word nie, en daarom moet Pfizer (tel. 011 320 6000) of wie ook al die entstof maak, liewers geraadpleeg word. Die dossier kan dan nageslaan word om die nodige inligting te bekom.
Dit moet weer eens beklemtoon word dat kieme ook met die entingsproses ingespuit kan word deur 'n besmette naald of spuit. Werk dus so steriel as moontlik.
Lees al die inligting in Entstowwe en Immunisering van Plaasdiere, Du Preez, Jan en Malan, Faffa ISBN 978-0-620-37335-7. Klik hier om die boek te bestel.
12 April 2007