Landbou
Holistiese parasietbeheer
Prof. GARETH BATH. dr. JAN VAN WYK en dr. FAFFA MALAN

Vraag:
Ek is 'n 21-jarige boer van die distrik Ermelo. Ek wil graag my skaapkudde se kwaliteit opgradeer. Ek glo dat 'n goeie en gedissiplineerde doseerprogram sal bydra tot 'n suksesvolle lammeroes en gesonde kudde.

Ek weet egter dat ek nie ten volle op só program kan staatmaak nie, omdat almal se omstandighede nie dieselfde is nie, maar as ek net riglyne kan kry wat min of meer die tye van dosering aandui, sal dit my uiters baie help. - Hannes Swart (swartjie@yahoo.com)

Antwoord:
Dit is vandag onmoontlik om 'n bestuursprogram wat vir alle boere en vir alle plase in 'n sekere geografiese area sal geld, uit te gee. Weerstand van parasiete teen al wat 'n wurmmiddelgroep is, is al aangeteken en daarom is fyn beplanning saam met u veearts en ander kundiges op 'n voortdurende basis nodig om vandag wurms te beheer.

Klik hier vir 'n opsomming - waarskynlik die mees omvattende dokument oor parasietbeheer wat tans beskikbaar is - oor wat alles oorweeg moet word, voordat 'n program opgestel kan word. Dit is in pdf-formaat.

29 November 2007