Landbou
Herdershond met refluks
Dr. SUNELLE STRYDOM

Vraag:
My vier maande oue herdershond het refluks en roggel. Is daar iets wat daarvoor help? Of is daar enige spesifieke kosse wat die hond moet kry? -Jurina (jvmed@iafrica.com)

Antwoord:
Ek beveel aan dat u die herdershondjie na u plaaslike veearts neem. Daar moet eers onderskei word tussen vomering of braking, en "regurgitation" voordat 'n diagnose gemaak kan word.

Vomering is 'n aktiewe proses, waar die buikspiere saamtrek. "Regurgitation" is 'n passiewe proses, waar die buikspiere nie saamtrek nie.

Afhangende van watter een van bogenoemde teenwoordig is, kan daar meer akkuraat na 'n oorsaak gesoek word. Aangesien dit ook nog 'n jong hondjie is, is dit ook uiters belangrik om genetiese defekte uit te skakel.

Sodra die oorsaak gevind is, kan daar aanbevelings gemaak word met betrekking tot behandeling.

  • Geskryf deur: Dr Sunelle Strydom, Intervet

    29 November 2007