Landbou
Raad vir luise by budgies
Dr. DEON DE BEER

Vraag:
Ek het 'n hok vol budgies maar het 'n probleem met luise. Hier is baie wilde voels in my tuin en ek dink dit was die oorsaak van die luise. Hoe kan ek dit bestry sonder dat die voels vrek. Ek bly in Peru, Suid-Amerika en sal 'n boereraat verkies of 'n middel wat orals beskikbaar is. - Linda Erasmus (djerasmus_2000@yahoo.com)

Antwoord:
Die groot problem is dat daar konstante besmetting gaan wees vanaf die wilde voëls. Sy sal moet dink aan 'n plan om die hok te beskerm teen kontak met die wilde voëls. Sy kan kakiebos gebruik om luise weg te hou. As sy 'n paar takkies in die hok hang, sal dit help, maar sy budgies gaan dit baie gou opeet. (Ek weet nie of daar kakiebos in Suid-Amerika is nie!) Daar is baie chemiese produkte beskikbaar, soos Avian Insect Liquiadator, wat ook herbesmeting vir 6 weke sal voorkom. Sy moet dit in sy hok spuit sowel as op die voëls.

  • Geskryf deur dr. Deon de Beer, www.animalzone.co.za

    Linda antwoord:
    Dankie vir die antwoord. Ek het nog nie kakiebos hier gesien nie. Miskien moet ek maar paar sade invoer van RSA af!

    Ek sal kyk of die chemiese produk beskikbaar is hier.

    Ons bly al die afgelope 8 jaar in Peru. My man het hiernatoe gekom in middel '99 vir Cementation, dit was 'n myngroep, hulle behoort nou aan Murray and Roberts. Sedert 2003 het ons met ons eie besigheid begin, diamantboorwerk, en ons almal werk vir die besigheid. Dit was moeilik, Peru is glad nie soos Suid-Afrika was nie, hulle is meer soos die lande in Afrika, more is nog 'n dag, doen nie dinge vinnig en gou nie. Behalwe dit, is dit 'n rustige land, mense hou van partytjie hou, kuier tot 5 uur in die oggend.

    Ons het heeltemal aangepas hier, my kinders speel rugby, twee seuns ens 'n dogter en sy doen perdesport ook. Die misdaad is nie te hoog nie, minder moorde hier as in die RSA. Die mense op sigself is nie baie wreedaardig nie, baie vriendelik. My man werk ook in Ecuador, het sy besighied uitgebrei soontoe. Dit is 'n baie mooi land.

    Dit is wat ons doen hier. Landbou is nie gevorderd soos Suid-Afrika sin nie, meer kleinboere, nie groot plase nie, amper soos plotte. In die suide plant hulle olywe, druiwe, ens. Visverbouing was in 'n stadium die grootste uitvoer, maar mynbou is in die stadium die grootste bron van inkomste.

    4 Januarie 2008