Landbou
Konsepplan vir veegesondheid


Riglyne vir 'n veegesondheidsplan vir rooivleisprodusente is deur die veegesondheid-produksiegroep van die Suid-Afrikaanse Veterinêre Vereniging en die RPO opgestel.

Dit is opgestel onder leiding van die bestuurder, dr. Danie Odendaal, asook lede van die Veegesondheid en Produksiegroep (VGPG) van die Suid-Afrikaanse Veterinêre Vereniging en die Rooivleisprodusente-organisasie.

Dié veegesondheidsplan is 'n skriftelike beskrywing van ál die aksies wat geneem moet word vir die bestuur van siekteveroorsakende faktore wat reeds aanwesig en geïdentifiseer is, ten einde die gesondheid, welsyn en produksie van diere te beskerm, asook die gesondheid en heilsaamheid van produkte afkomstig van die diere te verseker.

Rooivleisprodusente is op hulself aangewese vir die beheer van meeste siektes wat 'n direkte invloed het op plaasvlak. Vir doeltreffende ondersteuning in siektebeheer deur 'n veearts is dit nodig dat die veeprodusent self 'n volledige opsomming maak van die veegesondheidsprobleme op 'n spesifieke plaas, asook die huidige beheer daarvan. Daarna kan 'n veearts aksiestappe voorskryf vir beter beheer en monitering daarvan en voorkoming van siektes wat nog nie op die plaas teenwoordig is nie.

Klik hier om die dokument te lees. Dit is in 'n PDF-formaat.

28 Januarie 2008