Vraag:
Ek het 'n Skotse Terrier reun van nege jaar oud. Die afgelope jaar lek hy die mat aanhoudend. As jy met hom praat, hou hy op, net om later weer aan te gaan. Die mat is skurf. Wat veroorsaak dit? - Hester Hall (blackmurray@telkomsa.net)
Antwoord:
Wanneer 'n hond aanhoudend 'n aksie uitvoer (soos byvoorbeeld aan iets lek) kan dit kompulsiewe gedrag wees, m.a.w. gedrag waaroor die hond self geen of min beheer het nie. So 'n kompulsie is dikwels die gevolg van een of ander vorm van stres (bv. sosiale konflik met ander diere of mense in die huishouding, 'n tekort aan stimulering of eksterne faktore soos harde klanke bv donderweer).
As dit nie progressief meer intens raak nie en nie gevaarlik vir die hond is nie, hoef jy jou nie daaroor te bekommer nie. As dit vererger oor tyd is dit egter beter as jy met 'n gedragskundige kan konsulteer.
1 Februarie 2008