Landbou
Soortgelyk
Bad en borsel van hasies
SHANDY BARTHOLOMEW

Vraag:
My dogtertjie het 'n Angorahasie en ek wil graag weet of ons die hasie kan was en die hare kan borsel? - Madré Gerstner (vic@lando.co.za)

Antwoord:
Ja, 'n hasie kan gebad word, maar dit gaan 'n traumatiese ondervinding vir die dierjie wees. Konyne is baie vatbaar vir stres wat aanleiding tot siektes kan gee. Dit sou beter wees om die pels van die Angora te knip, netjies en kort, veral tydens die somermaande (net soos 'n mens met 'n Maltese poedel sou maak).

Ek sou u aanraai om die Angora so gereeld as moontlik te borsel om te voorkom dat die hare gemat raak en die hasie sodoende ongemak ondervind.

Gebruik 'n gewone haarborsel vir menslike gebruik. As daar sagkens te werk gegaan word, behoort die hasie die prosedure te geniet!

  • Geskryf deur Shandy Bartholomew, Natalse Konyn Klub (shandy.bartholomew@medicross.co.za)

    6 Februarie 2008