Vraag:
Watter dieet moet 'n hond (Labrador) wat suikersiekte het, gegee word?-Susan Beer (sbeer@cooperses.co.za)
Antwoord:
Ek beveel aan dat u, u plaaslike veearts wat tans verantwoordelik is vir die behandeling van u Labrador, raadpleeg oor een van die spesiaal geformuleerde kosse van Royal Canin, Eukanuba of Hills.
Dit is ook baie belangrik dat u die feit dat u van dieet wil verander eers met u veearts moet bespreek, aangesien dit die dosis insulien wat benodig word, kan affekteer.
11 Februarie 2008