Landbou
Is vlasplante giftig?
Prof. CHRISTO BOTHA

Vraag:
My hanslammers peusel baie keer aan die vlasplante in my tuin. Simptome daarna is maagpyn en bewerasie en geringe opblaas. As die lam oorleef, is groei gestrem - rtvandeventer@yahoo.com.

Antwoord
Vlas is Linum spp. (linseed of Flax) en bevat linamarien ('n sianogeniese glikosied) wat blousuurvergiftiging kan veroorsaak wat diere akuut laat vrek. Vlas bevat ook 'n vitamien B6 antagonis wat senusimptome veroorsaak. Vlas kan ook laksering veroorsaak. Daar is ook 'n spesie bekend as "purging flax" (Linum catharticum).

Vlas moet ook nie in pluimveerantsoene ingesluit word nie a.g.v. die groei-inhiberende effek van linatien.

  • Inligting verskaf deur prof Christo Botha, Fakulteit Veeartsenykunde, Universiteit van Pretoria.

    4 Maart 2008