Vraag:
Is daar 'n kruiemiddel of plant of aftreksel of tinktuur wat ons kan gebruik om bosluise by honde te beheer? - Johan van Aardt (johanv@ssi.co.za)
Antwoord:
Deur die jare is daar al seker baie boererate probeer om bosluise op honde te beheer. Ek het by verskeie deskundiges navraag gedoen maar so ver bekend is daar geen effektiewe kruiemiddel of aftreksel beskikbaar wat bosluise effektief sal beheer nie.
18 Maart 2008