Vraag:
Ek wil net graag duidelikheid kry of seringbome,veral die bessies, giftig is vir skape? Indien wel, wanneer is dit giftig - groen bessie of gedroogde bessie? - Hannetjie (hannavdmerwe@yahoo.com)
Antwoord:
Alhoewel die blare, blomme en groen bessies van seringbome giftig is, word die meeste vergiftigings veroorsaak deur die ryp bessies wat afval.
Alle spesies, insluitende die mens, is vatbaar vir die gifstof wat senuweesimptome, gekenmerk deur spierbewerasies, veroorsaak. Erge asemnood en verlamming word in diere gesien net voordat hulle vrek. Enkelmaag diere soos varke en pluimvee is meer vatbaar vir die vergiftiging as herkouers. Skape en beeste moet baie van die bessies vreet om aangetas te word. Ons sal slegs 'n diagnose van seringvergitiging maak as ons baie bessies in die grootpens van 'n skaap vind tydens 'n nadoodse ondersoek.
Vergiftiging vind gewoonlik onder abnormale toestande plaas. 'n Voorbeeld van vergiftiging vind plaas in 'n skaapkraal onder 'n seringboom met gepaardgaande tekort aan goeie kos, wat kan veroorsaak dat skape baie van die bessies vreet met gevolglike vergiftiging.
15 April 2008