Landbou
Hoe gemaak om te kan begin boer?
JOHAN WILLEMSE

Ek stel die volgende breë riglyne voor:
Dit is natuurlik die beste om met die minste skuld te werk,maar is dit nie altyd realisties nie. Die opstel van 'n maandelikse kontanvloeistaat oor minstens 24 maande, op 'n maandbasis, met inkomste en uitgawes wat realisties is, is baie belangrik. Dit moet saamgaan met 'n kontantvloeistaat oor 5 jaar. Sodoende kan tekorte geïdentifiseer woord en hoeveel surplus is nodig om die besigheid aan die gang te kry.

Die probleem is meestal nie dat daar nie genoeg bates is nie, maar dat daar probleme met die kontantvloei gaan plaasvind - wat hy ook noem ná 6 maande.

Die verdere reël is dat bates gefinansier moet word oor hul produktiewe leeftyd.

Dit beteken dat langtermynbates wat inkomste oor die langtermyn gee, oor langertermyn finansier word, soos die grond.

Die betaaltydperk en bedrae wat betaal moet word, moet vooraf só gereël word, dat dit uit die inkomste van die bate betaal kan word. Sodoende betaal elke bate vir homself en moet jy nie geld elders gaan vind om dit mee te betaal nie.

Die vee gaan ook eers inkomste na 'n tydperk gee en die vee se "finansiering" sal hiermee rekening moet hou.

Dit gaan dus oor die saamstel van 'n finansieringspakket, wat gebaseer is op die kontantvloei van die onderneming. Daar moet ook genoeg reserwes wees om vir onvoorsiene gebeurtenisse te voorsien. Dit help dus nie om die grond kontant te koop nie, maar daar is nie bedryfskapitaal en reserwes nie.

'n Finansiële instelling met die nodige kundige landbou-ekonome sal kan help met die opstel van só 'n finansieringsplan, wat op die kontantvloei gebaseer is en die eie kapitaal wat beskikbaar is.

29 Maart 2005