Landbou
BTW versus hereregte
Dr. PHILIP THEUNISSEN

Vraag:
Wanneer 'n privaatpersoon vir BTW geregistreer is en hy wil sy eiendom wat in sy naam geregistreer is verkoop moet hy BTW hef en dit by registrasie aan die Ontvanger oorbetaal. Die koper kan dit terugeis as hy ook vir BTW geregistreer is. Die geregistreerde koopprys van die eiendom - is dit met of sonder BTW? Dit is my eerste vraag.

My tweede vraag handel oor die agent se kommissie - word dit bereken op die prys van die eiendom sonder BTW of met BTW ingesluit? (Die agent is ook vir BTW geregistreer en sy kommissie plus BTW is gewoonlik deel van die koopprys!) Normale hereregte word nie in die koopprys ingesluit nie en vorm deel van die oordragkostes. - Dewald van der Merwe (dewaldvdm@lantic.net)

Antwoord:
1. Die geregistreerde koopprys van die eiendom is sonder BTW.

2. Die agent se kommissie moet op die kooprys sonder BTW bereken word. Hy moet dan wel BTW by hierdie bedrag voeg omdat hy vir BTW geregistreer is. Hy kan dus nie kommsissie op die brutoprys (BTW ingesluit) bereken en dan weer BTW daarby voeg nie. As die verkoper vir BTW geregistreer is an hy dan weer die BTW terugeis.

3. As daar BTW betrokke is kan daar nie nog hereregte ook betrokke wees nie. Dis of die een of die ander een. Hereregte is slegs ter sprake as die verkoper nie vir BTW geregitreer is nie. As die koper wel vir BTW geregistreer is kan hy die hereregte wat hy betaal het as 'n geagte BTW terugeis.

  • Geskryf deur Dr Philip Theunissen. Besoek sy webwerf by: www.computus.info

    Landbouweekblad, 26 September 2007