Landbou
Kunstenaar wil graag boer
Dr. PHILIP THEUNISSEN

Vraag:
Hierdie brief mag dalk te naïef klink/lees, maar dit is 'n werklikheid dat ek dit vra en dan terselfde tyd glo die vraag sal beantwoord word. Ek is 'n grafiese kunstenaar vir 14 jaar. Ek besit 'n bk, wat as grafiese kunste-diens verrig. Maar bo al my frustrasies as kunstenaar, gaan ek ook 'n boervrou word wat boerdery in vleis as 'n begin gaan maak. Hoe spring ek weg as my fokus op Brahmane is en waarheen beweeg ek om op my eie te begin? Kwalifiseer ek as iemand wat deur die staat gehelp kan word en is ek 'n kandidaat wat se vraag sal kan beantoord word? Hoop en wag dat my vraag sal beantwoord word. - Ronel Henrico (ronelh@nerofa.co.za)

Antwoord:
Oor die Brahmane kan jy met die Brahman-beestelersgenootskap kontak maak. Hulle webwerf is www.brahman.co.za en al hulle kontakbesonderhede is daarop. Die meeste telersgenootskappe het veldbeamptes in sekere gebiede ook met wie jy kan kontak maak.

Ongelukkig help die staat nog niemand om te begin boer nie. Jy kan slegs 'n toelaag kry van tussen R25 000 en R30 000 kry om grond te koop as jy deel van die voorheen benadeelde gemeenskap is. Die Land Bank het spesiale lenings vir dieselfde groep mense maar glo my dit is te min om regtig 'n begin mee te maak.

As jy 'n werkbare besigheidsplan het kan jy eerder 'n handelsbank nader om jou te finansier.

  • Geskryf deur:
    Dr. Philip Theunissen
    Forensies.com
    www.forensies.com
    sel: 082 378 2335

    29 Februarie 2008