Landbou
Besigheidsplan gesoek: Hoe gemaak?
Dr. PHILIP THEUNISSEN

Vier vennote wil hulle in 'n veeboerdery begewe en soek raad vir 'n besigheidsplan.

Vraag:
Ons is vier vennote wat met 300 skape en 20 bees wil begin boer, dit is die drakrag van die grond wat ons reeds gehuur het! Wie skakel ons in verband met 'n besigheids plan vir so 'n vennootskap/boerdery? Dit sal nie die bron van ons primêre inkomste wees nie, maar ons wil ook nie geld verloor nie! Waar begin ons? - Gerhard Scheepers (gerhard@ikamva-architects.co.za)

Antwoord:
As jy in die Oos-Vrystaat geleë is, is jy welkom om my te kontak. Andersins moet jy ABSA, ENB of Standard Bank kontak. Hulle het landbou-ekonome op verskeie groter dorpe in die platteland wat vir jou so 'n besigheidsplan kan opstel.

Daar is ook enkele private veekundiges beskikbaar wat jou kan help. Vra maar rond in jou omgewing. Dan moet jy ook die telersgenootskappe kontak. Hoewel hulle nie vir jou 'n besigheidsplan gaan opstel nie, het hulle veldbeamptes wat jare se ondervinding oor praktiese skaap- en beesboerdery het.

Laastens kan jy gerus die reeks van 12 artikels oor Bestuursevaluasie op Landbou.com deurwerk net om seker te maak jy weet waaroor die bestuur van 'n boerdery gaan.

  • Geskryf deur dr. Philip Theunissen
    Forensies.com
    www.forensies.com
    selfoon: 082 378 2335

    11 Maart 2008