Beslis! Niemand is ooit te jonk as die onvermydelikheid van aftrede in ag geneem word nie. Trouens, as jy nog jonk is, het jy juis 'n gulde geleentheid, omdat jy tyd aan jou kant het om genoegsame voorsiening vir jou aftrede te maak. Omdat sowat 80 % van boerderye as 'n familieboerdery bedryf word, glo ek dit is makliker en beter dat die opvolgers reeds op 'n vroeë ouderdom vir hul aftrede begin spaar.
4 Maart 2005