Landbou
Wag met aftreebeplanning?
SCHALK BURGER

Hoe langer jy wag, hoe duurder en ook moeiliker gaan dit word om geld weg te sit. Byvoorbeeld, as jy R1 miljoen teen 'n groeikoers van 8 % (kostes en belasting buite rekening gelaat), vir aftrede op 55 jaar wil wegsit, sal jy maandeliks sowat R465 moet spaar as jy 20 jaar oud is. Vyf jaar later sal jy maandeliks R705 moet wegsit en op die ouderdom 35 die aardige maandelikse bedrag van R1 705. So dit is beslis baie goedkoper as jy op 20 sou kon begin. Dit is die uitwerking van saamgestelde rente.

4 Maart 2005