As jy 'n boer sou vra hoe groot was sy oes of hoeveel dit gereën het, sal hy onmiddellik 'n antwoord vir jou reg hê.
Vra hom egter wanneer hy wil aftree, dan weet hy nie. Dit is nie vir my om te sê nie, maar waarom nog wil boer as die kinders of erfgename al lankal gereed is om die plaas oor te neem?
As ek moet skat, reken ek dat boere moet oorweeg om vanaf ouderdom 55 uit te tree en die boerdery in die hande van die opvolgers oor te laat. Dit is mos so dat boere die opvolgers goed grootgemaak het om die uitdagende taak van die boerdery suksesvol voort te sit, of hoe?
4 Maart 2005