Landbou
Waar bly boer ná aftrede?
SCHALK BURGER

Niemand wil die boer van sy geliefde boerdery wegwens nie. As dit dan moet — bly aan op die plaas, maar onttrek jou aan die boerdery en bly slegs aan as raadgewer en mentor en nie as finale besluitnemer nie.

Onthou, bly waar jy in rus en vrede jou aftreejare kan geniet, waar jy kan kom en gaan soos jy wil en waar jy kan bestee — dit waarvoor jy voorsiening gemaak het — sonder om ander in die oë te kyk om te kan oorleef.

4 Maart 2005