Nee, dit is nie waar nie! Kyk maar net wat bestee word op nie-noodsaaklike verbruikersgoedere of wat daagliks verorber of gebruik word? In die lig hiervan is 'n spaarbedrag van R5 per dag baie min. 'n Ete by 'n restaurant vir 'n boer en sy gesin van vier kan op een aand minstens R300 beloop. Dit is gelykstaande aan sowat R10 per dag.
Wat kos dit deesdae om 'n rugby- of krieketwedstryd by te woon, plus die verversings dan is dit wat prysgegee moet word en beskikbaar is om te kan afknyp, werklik minimaal. As u die prys van 'n slagskaap (sowat R500) maandeliks kan spaar, sal u 'n aardige bedrag aan die einde van die tydperk hê.
11 Maart 2005